Western Cape Home Schooling Association

Wes-Kaapse Vereniging vir Tuisonderwys

WCHSA / WKVTO

WCHSA Logo

An organisation to promote Home Schooling in the Western Cape
'n Vereniging om Tuissonderwys in die Wes-Kaap te bevorder


Go to Bottom | Go to Top | Back to Home Page | Latest News


Mediavrystelling 24 Februarie 1998

Wes-Kaapse Vereniging vir Tuisonderwys

Regulasies vir leerders wat onderwys tuis ontvang.

Die Wes-Kaapse Vereniging vir Tuisonderwys het vandag vrugbare samesprekings gehou met Mnr Nic Koornhof, Minister van Onderwys en Sport: Wes-Kaap, oor regulasies vir leerders wat onderwys tuis ontvang. Die samesprekings is in 'n gemoedelike atmosfeer afgehandel. Minister Koornhof het die versekering gegee dat sy departement op 'n deursigtige wyse bestuur word.

Die vergadering volg nadat tuisskoolleiers in die Wes-Kaap twee weke gelede gewaarsku het dat daar groeiende kommer en ontsteltenis bestaan onder die paar honderd tuisskoolgesinne in die provinsie. Die ontstelde tuisskolers het in groot getalle telefoniese vertoë tot die Minister en die Wes-Kaapse Onderwysdepartement gerig. "Gebeure in die Wes-Kaap kan bepalend wees vir tuisonderwys in die res van die land" volgens Leendert van Oostrum, onderwyskundige van Pretoria en spesialis op die gebied van tuisonderwys.

'n Ooreenkoms is met Minister Koornhof bereik waarvolgens die konsepregulasies vir kommentaar in die provinsiale koerant gepubliseer sal word. Die insette wat die afvaardiging van vyf lede van die Wes-Kaapse Tuisonderwys Verening vandag gemaak het, sal voor publikasie by dié van die Departement van Onderwys bygewerk word. Daar sal 21 dae gegee word vir kommentaar nadat die konsepregulasies gepubliseer is.

Daar is 'n groeiende verwarring oor die grens tussen onderrig van leerders tuis en dié van onafhanklike skole. Waar gesinne saamwerk om hulle kinders te onderrig moet elke kind afsonderlik geregistreer word. Daar is egter nog verskeie grys areas soos waar eindig 'n tuisskool en waar begin 'n onafhanklike skool.

Die persepsie dat die Onderwysdepartement ondeursigtig te werk gaan het Wes-Kaapse tuisskolers laat mobiliseer soos nooit tevore nie Die Wes-Kaapse Vereniging vir Tuisonderwys is dankbaar vir sy lede wat in groot getalle die afgelope vergadering bygewoon het. 'n Nuwe bestuur is gekies. "Die nuwe bestuur is 'n lewendige span en almal se kinders ontvang onderwys tuis" volgens Johan Grobler, die nuwe voorsitter van die vereniging.

"So 'n vergadering met die minister sou nie 'n jaar gelede kon plaasgevind het nie" volgens Mnr Graham Shortrigde, adviserende lid van die afvaardiging en verskaffer van tuisonderwys hulpmiddels. "Die vereniging gaan die departement help in die definiering van grys areas." volgens Ernst Jacobs, regswoordvoerder van die vereniging en kundige op "OBE

Verdere inligting verkrygbaar by (021) 556-1277 of Internet: HTTP://www.grobler.co.za/wchsa.htm


Go to Bottom | Go to Top | Back to Home Page | Latest News


Contact Information:
Click to contact us with e-mail to e-mail WCHSA WHCSA@dockside.co.za
Our telephone number is: (021) 556-1277
Postal address: P O Box 11190, Bloubergrand, 7443


Animations supplied by Webpromotion - 3D Web Animation
CaTS Logo
Webdesign by C.a.T.S. cc Comments to Webmaster
Page-Layout Last Updated : 28 April 1999
Copyright © 1998 C.a.T.S.cc