Home Schooling Events & Exhibitions in South Africa 

Tuisskool Gebeure & Uitstallings in Suid-Afrika 

Our sponsor for this page:

Theocentric Christian Education
Johan Grobler


Go to Top | Back to National Events | Home Schooling Ressources in South Africa | Go to Bottom


Werkswinkel oor Tuisonderwys:
TUISLEER IN DIE PRAKTYK
 

(Of - die kind is nou uit die skool,

maar hoe kry ek die skool uit die kind?)

Aanbieder: Leendert van Oostrum

Plek: NG Kerk Rietfontein-Noord, h/v 24ste Laan en Louis Trichardt, Rietfontein, Pretoria Datum: 11 Desember 1999

Tyd: Registrasie: 13h30. Werkswinkel: 14h00 – 17h30

Koste: Lede van die Pestalozzi Trust regsfonds: Gratis

Lede van die Vereniging vir Tuisonderwys: R20 per gesin Nie-lede: R60 per gesin

Onderwerpe:

Hoe leer kinders - en hoe leer hulle níe? Hoekom verstaan die kind dan nie! Wat kan ek doen om ‘n kind te help om beter te leer - wat moet ek vermy? Leerstyle - leer my kind dalk anders?

Tydens die werkwinkel verken en vergelyk ouers hul eie ondervinding en maniere van leer om 'n fondament te lê om hul kinders se leerervarings te verstaan. Deelnemers oorweeg voorwaardes vir aktiewe, konstruktiewe leer; die gesin as leeromgewing; toetse en evaluering in tuisonderwys; en ander onderwerpe wat deelnemers te berde bring.

Tee en koffie sal bedien word

Skakel (012) 331 1018 vir navrae en besprekings. Bespreek asseblief u plek teen 9 Desember 1999.

Slegs persone wat bespreek het, sal in kennis gestel word van programwysigings of kansellasies.


Go to Top | Back to National Events | Home Schooling Ressources in South Africa | Pestalozzi Trust | Go to Bottom

Animations supplied by Webpromotion - 3D Web Animation
CaTS Logo
Webdesign by C.a.T.S. cc
Comments to Webmaster
Page Layout Last Updated : 21 November  1999
Copyright © 1998,1999 C.a.T.S.cc