Home Schooling Events & Exhibitions in South Africa 

Tuisskool Gebeure & Uitstallings in Suid-Afrika 

Our sponsor for this page:

Theocentric Christian Education
Johan Grobler


Go to Top | Back to National Events | Home Schooling Ressources in South Africa | Go to Bottom

OPEDAG 4.12.99 VEREENIGING


Algemene Jaarvergadering
 
 

Kinders

Atletiek

Projekte
 
 

Uitstallings

Kurrikula

Dynamis

Tweedehandse boeke
 
 

WERKSWINKELS

Praktiese tuisskool

Die wet begin druk
 
 

Verversings
 
 

Registrasie

Fooie
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

Op 4.12.99 hou die Vereniging vir Tuisonderwys ‘n opedag by die General Smuts High School in Vereeniging (kaart op keersy). Verskeie aktiwiteite word beplan. Die Algemene Jaarvergadering van die Vereniging vind ook dan plaas.

Vir die kinders en almal wat lus is om saam te speel is daar atletiek die oggend, en tussendeur uitstallings van projekte van tuisskoolkinders.

Vir die ouers is daar uitstallings van verskillende kurrikulumverskaffers, Dynamis en ander diensverskaffers aan die tuisskoolgemeenskap, asook ‘n verkoping van tweedehandse boeke. Tuisskolers word ook uitgenooi om hul eie produkte te kom verkoop.

Dan word daar ook werkswinkels gehou:

  1. How to get started? - Kathy le Cordeur, ‘n ervare tuisskoolma, gee praktiese wenke vir onervare tuisskolers.
  2. Hoe bly ek aan die gang? - Ervare tuisskolers ruil praktiese wenke uit en bemoedig mekaar onder voorsitterskap van Frikkie Marx, ‘n ervare tuisskoolpa.
  3. Amptenare op die oorlogspad – Bly veilig en hoor by Leendert van Oostrum, voorsitter van die Pestalozzi Trust regsfonds vir tuisonderwys wat jou te doen staan in verband met die jongste regsverwikkelinge.
Kos en verversings sal te koop aangebied word.

Registrasie: Vanaf 08h30.

Fooie:

Toegang: Lede van die Vereniging en Pestalozzi Trust: R20 per gesin. Vanaf 12h00: Gratis.

Lede van die publiek: R60 per gesin. Vanaf 12h00: R40 per gesin.

Werkswinkel: Lede van die Vereniging en Pestalozzi Trust: R20 per gesin.

Lede van die publiek: R20 per gesin Uitstaller: Lede Vereniging en Pestalozzi Trust: R20 Lede van die publiek en nie-lede: R200

Verdere besonderhede by:

Vereniging vir Tuisonderwys, Posbus 31264, Totiusdal, 0134 Tel/faks: (012) 331 108 of tel: (012) 330 1337

E-pos: curamus1@lantic.net

 


Go to Top | Back to National Events | Home Schooling Ressources in South Africa | Pestalozzi Trust | Go to Bottom

Animations supplied by Webpromotion - 3D Web Animation
CaTS Logo
Webdesign by C.a.T.S. cc
Comments to Webmaster
Page Layout Last Updated : 21 November  1999
Copyright © 1998,1999 C.a.T.S.cc