Home Schooling Events & Exhibitions in South Africa 

Tuisskool Gebeure & Uitstallings in Suid-Afrika 

Our sponsor for this page:

Theocentric Christian Education
Johan Grobler


Go to Top | Back to National Events | Home Schooling Ressources in South Africa | Go to Bottom

Noodsaaklike Opleiding vir Ouers

Alles oor Tuisonderwys

Aanbieder: Leendert van Oostrum, BMil, MEd (cum laude), DTO(ng)

(Voorsitter: Pestalozzi Trust regsfonds vir tuisonderwys)

Kom vra wat u wil weet oor tuisonderwys!

Wat sê die nuutste navorsingsresultate oor tuisonderwys? Wat van skolastiese prestasie, sosialisering, voorwaardes vir sukses in tuisonderwys, en kinders met spesiale leerbehoeftes? Hoe tuisskool ‘n mens nou eintlik? Hoe kies ek my kurrikulum en hulpbronne? Watter ondersteuning bied die Vereniging van Tuisonderwys aan my?

Wat van die verwikkelinge op die regsfront? Ons onderhandel tans met die owerheid op nasionale vlak. Die verwikkelinge in die provinsies word uitgelig - nuwe wetgewing word ook bespreek. Hoe raak dit my en my kind? Hoe kan ek probleme met die owerheid vermy? Hoe benader ek ‘n amptenaar? Wat is die rol van die Pestalozzi Trust vir regsverdediging van tuisonderwys?

Kom vra wat u wil weet! Ons help u graag antwoorde vind op u vrae!

Ervare ouers sal beskikbaar wees sodat u die verskillende kurrikula kan besigtig en praktiese wenke kan ontvang.

Plek: NG Kerk Rietfontein-Noord, h/v 24ste Laan en Louis Trichardtstraat, Rietfontein, Pretoria Tyd: 27 November 1999 om 13:30 vir 14:00

Registrasie: Lede van die Pestalozzi Trust regsfonds: Gratis

Lede van die Vereniging vir Tuisonderwys: R20/gesin

Nie-lede: R60/gesin

Sluit aan by die Vereniging vir Tuisonderwys [R150/gesin/jaar] en die Pestalozzi Trust regsfonds vir tuisonderwys [R480/gesin/jaar]. Aansluitingsvorms by registrasie beskikbaar.

Tee en koffie sal bedien word. Kinders is welkom, maar u as ouers is verantwoordelik vir toesig en vir u eie kind se verversings. Inligtingpakkette te koop (R40). Op 4 Desember 1999 vind die Vereniging van Tuisonderwys se jaarlikse opedag plaas, waar u ook baie inligting kan inwin. Kontak ons vir besonderhede.

Bespreek asseblief en faks u depositostrokie teen 25 November 1999 aan ons. Ruimte is beperk. Rekening: Pestalozzi Trust, ABSA 4048112677 Hatfield-tak. Faksnommer en navrae: (012) 331 1018.

NB: Slegs persone wat bespreek het, sal in kennis gestel kan word van
programwysigings of kansellasies.
Pestalozzi


Go to Top | Back to National Events | Home Schooling Ressources in South Africa | Pestalozzi Trust | Go to Bottom

Animations supplied by Webpromotion - 3D Web Animation
CaTS Logo
Webdesign by C.a.T.S. cc
Comments to Webmaster
Page Layout Last Updated : 21 November 1999
Copyright © 1998,1999 C.a.T.S.cc