Home Schooling Events & Exhibitions in South Africa 

Tuisskool Gebeure & Uitstallings in Suid-Afrika 

Our sponsor for this page:

Theocentric Christian Education
Johan Grobler


Go to Top | Back to National Events | Home Schooling Ressources in South Africa | Go to Bottom


Kwaliteit onderwys vir die 21ste eeu
Onderwysseminaar -  30 Oktober 1999 - Centurion

U word uitgenooi na ‘n onderwysseminaar met die tema: “Kwaliteit onderwys vir die 21e eeu”.  In die lig van wye reaksie op die Onderwysseminaar by die Universiteit van Stellenbosch, word ‘n soortgelyke seminaar in Centurion aangebied. Die fokus val veral op die Kenweb-studiemetode.

Ouers wat bekommerd is dat kinders slagoffers word van te groot klasse en verlaagde standaarde, kan met vrug die seminaar bywoon om die moontlikheid van rekenaargesteunde selfwerkstudie as aanvulling tot konvensionele onderwys te ondersoek.

Die seminaar bied geleentheid aan onderwyskundiges betrokke by privaat- sowel as staatskole om meer inligting te bekom oor rekenaargesteunde onderrig as bekostigbare alternatief, of as verryking tot konvensionele onderwys. Persone betrokke by tuisonderrig sal beslis ook baat vind by die seminaar.

Hoewel gekyk sal word na breër onderwys tendense, val die klem op selfwerkonderwys met rekenaarondersteuning . Ontwikkeling van kognitiewe vaardighede deur ‘n selfwerkbenadering, en Kenweb (as rekenaargesteunde selfwerkstelsel) se hantering van aanvangsonderrig, evaluering en eksaminering, word bespreek. Moontlikhede van wiskunde onderrig met rekenaarhulp kry spesiale aandag. Daar sal ook geleentheid wees vir “toetsritte” op Kenweb se rekenaarprogramme.
 (‘n Volledige program is op aanvraag beskikbaar)

Seminaarleier: Andre van den Berg, hoof van Kenweb se navorsingspan
Navrae: Melanie Buys, tel: (012) 653 2730
Vir bywoning, vul die vorm in en fax na: (012) 653 2730 / 654 5467 of
pos aan: Kenweb, Posbus 53959, Wierdapark, 0149

Bywoning van Onderwysseminaar op 30 Oktober 1999

Naam:________________________Instansie____________________
Telefoonnommer(s):_________________Fax:_________________
Metode van betaling:Tjek_____ Bankoordrag_____ (sluit asb strokie in)
(Tjeks aan ‘Kenweb’ Bank: ABSA,Petrusville,rek: 334103 4050513524)



 
 
Plek: Ouditorium,Centurion Hoofbiblioteek.
Tyd: 30 Oktober 1999,  08h30 - 15h00
Bywoningsfooi R70 per persoon of R100 per ouerpaar
Kontak inligting: Tel Melanie (012) 653 2730 of Nadine  653 4159


Go to Top | Back to National Events | Home Schooling Ressources in South Africa | Pestalozzi Trust | Go to Bottom

Animations supplied by Webpromotion - 3D Web Animation
CaTS Logo
Webdesign by C.a.T.S. cc
Comments to Webmaster
Page Layout Last Updated : 25 October  1999
Copyright © 1998,1999 C.a.T.S.cc