Home Schooling Events & Exhibitions in South Africa 

Tuisskool Gebeure & Uitstallings in Suid-Afrika 

Our sponsor for this page:

Theocentric Christian Education
Johan Grobler


Go to Top | Back to National Events | Home Schooling Ressources in South Africa | Go to Bottom


Tuisonderwys: Opleiding vir Ouers

Inleiding tot Tuisonderwys

Aanbieder: Leendert van Oostrum, BMil, MEd (cum laude), DTO(ng)

(Voorsitter: Pestalozzi Trust regsfonds vir tuisonderwys)

Kom vra wat u wil weet oor tuisonderwys!

Wat sê die nuutste navorsingsresultate oor tuisonderwys? Wat van skolastiese prestasie, sosialisering, voorwaardes vir sukses in tuisonderwys, en kinders met spesiale leerbehoeftes? Hoe tuisskool ‘n mens nou eintlik? Hoe kies ek my kurrikulum en hulpbronne? Watter ondersteuning bied die Vereniging van Tuisonderwys aan my?

Wat van die verwikkelinge op die regsfront? Ons onderhandel tans met die owerheid op nasionale vlak. Die verwikkelinge in die provinsies word uitgelig - nuwe wetgewing word ook bespreek. Hoe raak dit my en my kind? Hoe kan ek probleme met die owerheid vermy? Hoe benader ek ‘n amptenaar? Wat is die rol van die Pestalozzi Trust vir regsverdediging van tuisonderwys?

Kom vra wat u wil weet! Ons help u graag antwoorde vind op u vrae!


 
Plek: NG Kerk Rietfontein-Noord, h/v 24ste Laan en Louis Trichardtstraat, Rietfontein, Pretoria
Tyd: 23 Oktober 1999 om 13:30 vir 14:00
Registrasie: 
Lede van die Pestalozzi Trust regsfonds: Gratis
Lede van die Vereniging vir Tuisonderwys: R20/gesin
Nie-lede: R60/gesin

Sluit aan by die Vereniging vir Tuisonderwys [R150/gesin/jaar] en die Pestalozzi Trust regsfonds vir tuisonderwys [R480/gesin/jaar]. Aansluitingsvorms by registrasie beskikbaar.

Tee en koffie sal bedien word. Kinders is welkom, maar u as ouers is verantwoordelik vir die toesig en u eie kind se verversings. Inligtingpakkette te koop (R40). Dieselfde program word op 27 November 1999 op dieselfde tyd op dieselfde plek aangebied (deponeer en bespreek asseblief teen 25 November 1999).

Bespreek asseblief en faks u depositostrokie teen 21 Oktober 1999 aan ons. Ruimte is beperk. Rekening: Pestalozzi Trust, ABSA 4048112677 Hatfield-tak. Faksnommer en navrae: (012) 331 1018.



 
 
 
 
Please note: The same programme will be offered on the same day at 08h30 for 09h00 in English, as well as on the 27th November 1999. Please contact us for further details and bookings.

NB: Slegs persone wat bespreek het, sal in kennis gestel kan word van

programwysigings of kansellasies.
Pestalozzi


Go to Top | Back to National Events | Home Schooling Ressources in South Africa | Pestalozzi Trust | Go to Bottom

Animations supplied by Webpromotion - 3D Web Animation
CaTS Logo
Webdesign by C.a.T.S. cc
Comments to Webmaster
Page Layout Last Updated : 28 September  1999
Copyright © 1998,1999 C.a.T.S.cc