Home Schooling Events & Exhibitions in South Africa 

Tuisskool Gebeure & Uitstallings in Suid-Afrika 

Our sponsor for this page:

Theocentric Christian Education
Johan Grobler


Go to Top | Back to National Events | Home Schooling Ressources in South Africa | Go to Bottom



Kwaliteit onderwys vir die 21ste eeu

ONDERWYSSEMINAAR   -    16  OKTOBER   -   STELLENBOSCH
 

Ouers wat  die uitdaging van tuisonderrig  aanvaar het,  besef  terdeë hoe belangrik dit is om die regte studiemateriaal vir hulle kinders te kies, asook om op hoogte  te bly van die nuutste onderwysontwikkelinge.

Daarom nooi ons u graag uit na 'n onderwysseminaar met die tema: "Kwaliteit onderwys vir die 21ste eeu",  wat  DV op 16 Oktober by die Universiteit Stellenbosch gehou word.  (Program)

Alhoewel  besin sal word oor breëre onderwystendense, gaan die klem  val op selfwerkonderwys met rekenaarondersteuning  -  'n onderwysmetode  ideaal geskik vir kwaliteit tuisonderrig!   Die ontwikkeling van kognitiewe vaardighede deur selfwerkonderwys sal bespreek word, sowel as metodes van evaluering en eksaminering.  Tersiêre onderwys in die huidige onderwysmilieu, en moontlike alternatiewe, sal ondersoek word.  Daar sal geleentheid wees vir "toetsritte" op Kenweb se rekenaarprogramme en 'n bekendstelling van Kenweb se dienste en nuwe vakgidse.  ('n Volledige program is op aanvraag beskikbaar.)

Plek:  "Blou Kamer", Neelsie, Universiteit Stellenbosch
Tyd:  9.30 vm tot 17.00 nm  op 16  Oktober 1999
Bywoningsfooi:  R70.00 per persoon,  R100.00 per ouerpaar
Seminaarleier:  André van den Berg, hoof van Kenweb se navorsingspan

Koffie en tee sal verskaf word - volop wegneem-ete fasiliteite  in  die Neelsie

Navrae:  Eleanor Lombard  Tel.  (021) 553 1657  of  082 550 7806
Vir bywoning, vul onderstaande vorm in en faks na  (021) 553 1655  of  pos
aan  "Kenweb", Visvangerweg 19, Melkbosstrand, 7441.
______________________________________________________________
Bywoning van Onderwysseminaar op 16 Oktober 1999:

Naam:______________________________________________

Telefoonnommer(s):___________________________________

Metode van betaling:  Tjek   ___      Bankoordrag   ___  (sluit asb.
strokie in)
(Tjeks aan "Kenweb"; Bank: ABSA, Petrusville rek.nr. 334103 4050513524)

                                __________________________

             Onderwysseminaar  -  16 Oktober 1999  -  Stellenbosch

                 "KWALITEIT ONDERWYS VIR DIE 21 STE EEU"

PROGRAM
 
 
TYD ONDERWERP BESONDERHEDE
9.00 vm.  Registrasie
9.30  vm. Opening en verwelkoming
10.00 vm.  Onderwys in die Nuwe Suid-Afrika Eleanor Lombard   (Vyf  jaar  lank lid van die  Provinsiale Onderwysstaande Komitee as lid van  die  Wes-Kaapse Parlement) 
10.30 vm.  Die selfwerkonderwysmodel  André van den Berg, hoof van Kenweb se  navorsingspan
12.00 nm. Bespreking 
12.30 nm. Selfwerkonderwys in die praktyk "Toetsrit" op Kenweb se rekenaarprogramme met data-projektor
13.00 nm. Ete en informele bespreking
14.00 nm. Tersiêre onderwys van die toekoms 'n oop gesprek onder leiding van Carel iv Boshoff, lid van die Oudtshoorn-loodskomitee  vir die stigting van 'n   private  Afrikaanse  universiteit
15.00 nm. Evaluering en eksaminering in selfwerkonderwys 'n  nuwe blik op  die matriekeksamen
15.45 nm. Bespreking en vrae 
16.00 nm. Nuwe deurbrake met navorsing in selfwerkonderwys André van den Berg
16.45  nm. Opsomming en afsluiting


Go to Top | Back to National Events | Home Schooling Ressources in South Africa | Go to Bottom

Animations supplied by Webpromotion - 3D Web Animation
CaTS Logo
Webdesign by C.a.T.S. cc
Comments to Webmaster
Page Layout Last Updated : 15 September  1999
Copyright © 1998,1999 C.a.T.S.cc